Die Harde Feite
- Geen volk kan in afsondering ontwikkel nie. Om staatkundig te bestaan, is daar talle vereistes. Die bestaan van ‘n volk moet ook internasionaal erken word, andersins is dit ‘n kluisenaars volk wat bloot selfstandig oorleef met weinig vooruitsigte vir vooruitgang.
- Daar talle volksorganisasies wat volksgenote wil uitsluit op grond van kleinlike verskille soos geloof, emansipasie, politieke oortuigings, historiese gebeure (geskiedenis), persoonlike opinies, gedrag, ens. Daar word kliphard gekla dat die volk “nie wil saamstaan nie”, maar in dieselfde asem word daar verdeeldheid gesaai. Die volk sal slegs begin floreer wanneer die leuse van “Eendag Maak Mag” nagevolg word.
- Ken Jou Vyand! – Die strategie van ons vyande was nog altyd om die volk te verdeel en so te verslaan. Dit is slegs wanneer ons as volk ons ware vyande sal herken, dat die volk aktief hierdie strategie van verdeeldheid sal teenstaan, ten spyte van persoonlike besware en verskille.
- Kennis is Mag! – Die “pen was nog altyd magtiger as die swaard”. Suid-Afrika se soldate het vyandelike magte met baie groter getalle, suksesvol tydens die Koue-oorlog teëgestaan, net soos tydens die Anglo-boereoorlog, maar het alles verloor weens slinkse politieke strategieë. Ons kan nie toelaat dat dit weer gebeur nie.
- Jou vyand sal jou aandag weglei met sport, vermaak, propaganda, dwelms, geheime organisasies, ens. terwyl jou volk geïnfiltreer en mislei word.
- Jy sal verlei word om finansiële skuld buite jou finansiële vermoë aan te gaan sodat jy ‘n slaaf van die Geldmag sal word, wat finansies sal gebruik as kettings vir jou selfopgelegde slawerny waar jy en jou kinders se welvaart weggesyfer word.
- Jou organisasies sal geïnfiltreer word met borgskappe, skenkings en allerlei slinkse strategieë om jou van binne te ondermyn. Niks is “gratis” nie! As iets gratis is, is jy, jou kundigheid of jou posisie in die samelewing die produk waarmee daar gedobbel word.
- Jou gebrek aan kundigheid op tegnologiese vlak, jou naïwiteit t.o.v. menslike motiewe, jou gebrekkige kennis oor geopolitieke gebeure, ens. sal misbruik word vir persoonlike gewin of om jou kop te swaai sodat jy iets sal doen wat tot jou eie nadeel sal strek. Of jy daarvan hou of nie, jy sal jouself op hoogte van wêreld gebeure moet hou sodat jy nie in ‘n strik trap nie.
- Jou opinies en lewensbeskouings is gegrond op dit wat jy kind, tydens jou vormingsjare, geleer is. Dit mag dalk nie die waarheid wees nie. Dit is goed om jou eie navorsing te doen en jou eie opinie te vorm. Elke dag wat jy nie iets nuuts leer nie, is ‘n dag wat jy stagneer en agter raak met die res van die wêreld.
- ggg
Wie is Ons?
Ons is blank, ons praat hoofsaaklik Afrikaans maar ook Engels, ons is behoudend, m.a.w. konservatief








